As die Karoo blom
As die Karoo blom
Droë, dorre land, vlaktes kaal, soms gelukkig ‘n bietjie geel.
Dankbaar vir wat hulle het, leef boer en dier uit die Vader se hand.
Sou hemelwater die aarde plek-plek seën, verander die dorre veld in ‘n blomtapyt.
Van madeliefies, vygies en gousblomme sal jy in daardie wêreld vind.
Maar die mooiste bloeisels sal jy daar kry: die harte van die mense van die Klein Karoo.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.