Jongste aktiwiteit:

Waar Die Wind Stil Sterf

Waar die Wind Stil Sterf

Wanneer stilte soos rook deur my liggaam daal,
en swart lig uit die wêreld oneties vervaal,
glip ek in fluisteringe deur donker se pyn,
saam met die nagwolf in ewigheid se skyn.

My laaste asem, broos en vol klein gevaar,
vloei sonder ’n woord of ’n troosgebaar.
Geen klank of refrein om agter te bly—
net stilte waar skemer deur ribbes gly.

Deur elke sug en stilte spreek,
selfs as my liggaam eind’lik breek.
Herinneringe stol in die stil van my siel,
waar liefde verdrink in ’n diep, donker kiel.

My asem raak min — ek stry nie meer voort,
want tyd neem my sag na stilte se oord.
Geen vrees, geen haat, net sagte rus,
soos wind wat verdwyn in ’n ewige blus.

In daardie oomblik, somber en stil,
kruip ek oor die rand van my eie wil.
Deur ’n sug van liefde wat snik van pyn,
word alles vervat in my laaste lyn.

By God se voete lê ek stil en getrou,
in Heilige rus waar my siel kan ontvou.
En as jy eendag fluister: “Waar is sy nou?”
weet – my laaste asem was net vir jou.

© Nicola Brown




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed