Jongste aktiwiteit:

lied

 

 

daar’s ‘n lied

daar is ‘n lied in my hart

wat sweef oor smart

oor duine en dale

vertel sy verhale

van onmenslikheid

van bloed op die waens

van wit kruise oor die kranse

van opbou, herstel, aanhouer wen

die lied van my volk se ontwaking

wat oral harte laat sidder en beef

liedjie van verlange wat kners

deur koue sneeu-winters

wat stortreën val

op my hare

wat bly is

oor Sy genade

wat elke sonskyndag

opslurp met gretige sluk

want elke nuwe dag

bring meer kennis

laat drome uit

hul geslote

kassies

kom

 

© Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed