aap
my aapkas is vol vandag
aap se streke borrel oral uit
selfs stofkringe om stofsuier
vertel nou ‘n storie
gisteraand se
kaggelvuur
eergister
se
braai
wit kole
in swart as
wat praat en vertel
so kom aap uit sy mou
eers sku, dan voorbarig
laf en uitbundig so
elke detail
verdraai
in humoristiese
siening van
lag met ‘n traan
© Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Dis so oulik. Jy het darem net die wonderlike idees vir gedigte.