Groot is U genade Here.
Wanneer ons deur die lewe stap, en altyd, menslik draai op die verkeerde pad
Wanneer ons dan ons paniek, ons nood, voor U, ons Redder probeer verwoord
Dan kan ons mos nou nie verstaan, U het reeds die weg gebaan, U wat ons verstaan.
Wanneer ons vir ons ‘n nuwe motor koop, die beste wat ons in mens harte hoop
Net om dan later uit te vind, die verkoopsman het maar min van ons gedink
Maar waarborg het hul ons beloof, en na die fabriek word ons hoop verkoop
Dit was tog hul wat hom bou, en vind hulle dan ook, en herstel, die foute gou.
Net so gaan dit nou mos met ons, ons Skepper en God is ons fabriek
Niemand sal ons dan beter kan verstaan, as die Een wat ons lief het sonder kritiek
Ons groot ingeneur, ons argitek, ons Skepper God het ons gemaak
Wie is dan beter om ons foute raak te sien, te herstel, en aan te raak.
God ken jou beter as wat jy dink, Hy noem jou dan sy kind
Wanneer pyn, spyt en verwyt ook in jou lewe kom lê
Dan is dit so heerlik, so salig, en so lekker, om ‘n God, as Pappa te hê
As ons doen, dit wat Hy vra, as ons bid en minder kla my vriend
Dan leef ons in Sy tydlose waarborg, sonder vrees of verval tydperk
Soos God aan ons belowe, die ewige, dan sal ons in die Hemel werk.
©Vossie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.