My Siel Stry Met My Hart
(Aan my suster Annamarie – moeder en suster)
Saam met jou kan ek die pad nie bewandel –
waar vrede en rus wag om jou te behandel;
waar liefde jou, soos mis, met eerbied omvou
om tuis te bring waar God geduldig wag op jou.
Gedagtenis beelde van jou lewenslustige wese
kom en gaan uit die onbekende, verdryf vrese;
kalmte se rustige streling en vredevolle waas
verdoof die vreemde stemme wat in my raas.
Lewe se souterige soet trane op die wange
vloei vrylik deur paadjies van jare se gange;
om die donker gees te reinig met lewensbloed,
oorwinning kom in glorie, bedek met Sy gloed.
* * * * *
Yl hare en ‘n rimpelende vel is die tekens;
hou in sig die lig van die engele se bakens
van pyn en hartseer wat nog gaan kom –
‘n werklikheid wat die droom sal oorkom.
11/01/2023 © C. du Plessis
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Mooi gestel die skeiding / swaar wat ook heel maak. Dankie vir deel Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Die laaste vers is pragtig maar ek verstaan nie mooi hoe dit skakel met gedig vloei nie of moet daar nog deur ń moeilike tyd gegaan word? Miskien kan die vers eerste geplaas word