Koelte van liefde
Koelte van liefde
Deur: Ryno du Plessis
Moeg en mat, kruis mense jou pad, glimlag aan geplak.
Hoop vir liefde en omgee, soos ’n swerwer na koelte en rus.
Is ek en jy ’n boom van koelte en vrug, of dra ons dorings met gif?
Huisves ons voëls, of gaan slange tuis?
Mag elke mens tog wees, die koelteboom van liefde.
Nie net vir ons geliefdes nie, maar vir almal daar buite, soekend en broos.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.