Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bitterbessie beloftes

Deur Evelyn van der Merwe
Datum gepubliseer: 12 Maart 2016 Aantal woorde: 58 969 Kere gelees 17

Bitterbessie grys beloftes
in ’n laning in ’n ry
word gepluk, gestroop
onge-orden gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet – onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadig
emosievolle mark
wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet maar vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop




TEMAS
5 Kommentaar
  1. neels

    12 Maart 2016

    evelyn goed gestel

  2. Toom

    12 Maart 2016

    Waar, so waar! En oral op die aarde.
    Die eerlikste mens wat in die politiek gaan, in die handelswêreld, of hoegenaamd bo wil uit — word binne min maande netso ‘n sak grys bitterbose beloftespreuke.
    GvT c]:-(

  3. Desiréé

    12 Maart 2016

    Ek kan die “grys” aanvoel … mooi geskryf.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 98
Kommentaar telling: 479

Ek skryf om leeg te word van alledaagse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.  Dankie vir julle inloer en saamlees.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 224 gaste aanlyn

Bydraes – Argief