Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees
gaan kyk hoe branders spoel
ek het weer daar jou woorde gehoor
“ons is vir mekaar bedoel”
ek wou gaan kyk of ek nog
jou naam daar in die seesand kry
maar die golwe het dit weggespoel
getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my
ek wou nog in jou voetspore loop
maar ek kon dit ook nie kry
dit het ook saam met jou naam
in die soutwater weggegly
dit was darem nie met leë hande
dat ek weer huis toe moes kom
ek het ‘n boodskap daar gekry
al was dit vir verbygangers vermom
jou stem het met die wind gekom
al wat ek moes doen, is luister
soos altyd as jy my aandag soek
het jy vir my gefluister
ek weet nou jy is nog met my
al is die afstand onmeetbaar groot
waar twee siele vrede in mekaar kon vind
gaan liefde nooit ooit dood
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
ai borrels ek is mal oor jou werke en almal bring n traan in die oog en n glimlag