Jongste aktiwiteit:

Oor nuwighede en goeters (silwer)

Toe oujaarsnag ‘n natnuut nuwejaarsmôre word
die son sy goue strale vonkelnuut
oor die swartkliprantjies stort
het ek nog grootoogwakker
oor jou en my gedroom
verwonderd
in die lankverlore hartsgevoel
se saligheid geloom
my gemoed was tot oorlopens vol
soos die weduwee se kruik
vroegoggend het nog heerlik vars
na laatnagreën geruik
kraaknuut kom klop die liefde weer
aan my ou hart se skreef-oop deur
en ek laat dit vrymoedig in
‘n splinternuwe weerbegin!

©️Elize Kruger
8 Januarie 2022




3 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT

  • Koos Elsum

    Die ritme in die gedig is so goed en dra die vrolike nuwe, jaar & liefde! Dankie ek het hom geniet. Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses 1. Die verwysing na die bruid se kruit is vir ń bietjie afgesaag en dra nie by tot die varsheid vd gedig. Ek sou dit net die reël uitlaat

    • Elize Kruger

      Dankie vir jou kosbare kommentaar, Koos. En ek moet byvoeg dat dit my so bietjie laat giggel het, want ek sien nêrens daar n verwysing na die 'bruid se kruit' nie. Dit klink vir my so bietjie soos ammunisie! Jy verwys seker na die 'weduwee se kruik'? Dit het ek nogal met n rede daar geplaas. Maar ek waardeer jou interaksie baie! Groetnis!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed