Tyd van Prediker
Tyd van Prediker
Deur: Ryno du Plessis
Tyd is al wat ons het, tog is dit te min vir ons as mens.
Elke dag ’n nuwe wens, stel ons ’n nuwe grens.
Uitgebrand en moeg, probeer ons vorentoe ploeg.
Prediker leer ons alles van tyd; ons wil dit nie begryp.
Sou ons net daarna kyk, was die lewe nie so ’n groot stryd.
Vat tyd om tyd te maak, om tyd reg te spandeer.
Dit is wat Prediker drie ons almal wil leer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.