Die onskuld van walvisse
Die wind waai uit die Kogelberg
om oor Stony Point te woed
en oor Waaygat hang die stank
van walvisvet en -bloed
*
Maar nóú edeltin die waters,
die baai* lê so onskuldig in die mis
waar vandag nog net die reste
en die spoke van fabrieke is.
Die wit klip en die strande
is oortrek met pikkewyn,
alge amber en oranje
in die flouste sonneskyn.
Branders klots teen rotse,
daar lê skuite op die see.
Sou die meeue wat so krassend skree
nog vergange dae herroep –
as hul hoër en hoër bly draai
(om soos spikkels te vedwyn)
in die bloute van die hemel
bo die groot huis teen die duin?
Die wind waai koud uit Kogelberg
om deur vel en been te sny.
En om Stony Point, voor Waaygat
swem ‘n walvis nou
verby …
© Carma Shaw
13 Oktober 2017
* Baai – Verwys na Bettiesbaai
* 1913 word die Waaygat walvisfabriek by Stony Point opgerig. Dit het aan en af gefunksioneer vir ‘n aantal jare. Die stasie is in 1930 finaal gesluit weens die afname in vraag na walvisolie.
Lees meer by onderstaande adres:
https://pathfinda.com/en/bettys-bay/attractions/site-of-the-waaygat-whale-factory
4 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Vroeë-negentigs nostalgies na-geleef. Tog bly klou daar dalkies onregverdig die verwyt van skending van die nigering van die stryd tot oorlewing van daardie tyd soos 'n omie uit toet se dae my oortuig het... Nietemin: Saluut vir die deernisvolle groengedagte wat ek skandelik in sommige gevalle opreg bevraagteken...... Jy bly my ster!