My Lief het van ‘n Vuurtoring af gespring
My Lief het van ‘n Vuurtoring af gespring
My hart het
bo van ‘n vuurtoring af
in die rowwe see geval.
Niemand kon
my hart weer kry nie –
helder lig en al.
Die maan het
oor my siel geskyn
en gesien
hoe my hart
onder die barnders verdwyn.
My hart het
diep onder die see se golwe gesink
en vir my
bitter wyn geskink.
My Lief het
hoog van die vuurtoring af
diep in die see in gespring…
en sy ek-roep-jou-lied
vir my hart gesing
sy lied het
my hart weer terug gebring.
Op die rand
van die vuurtoring
staan ek en my Lief
en kyk
hoe mooi die oseaan
van die liefde lyk.
Lorraine Smit
2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.