Jongste aktiwiteit:

KOEBAAI MY LIEFSTE LAM

KOEBAAI MY LIEFSTE LAM

Kan ek jou maar vertel
Ons liefde het vervel
En ons pas lankal nie meer
Binne die liefde se sfeer
Aai, aai, die witborskraai bly in sirkels
Al om ons dooie drome draai…
Is dit nou fluit-fluit ons storie is uit?

My hart het lankal reeds verys
Yspaleis, pondok, varkhuis

Laat my toe om jou te vra:
Is ek nie die een wat jou nog raak nie?
En maak dit dan nie vir jou saak nie… die
Fiktiewe pretensies wat ons maak nie?
Sê dan nou vir my, my lief –
Toe, as jy moet, skryf vir my ‘n brief…
En sê my dan dis alles oor!

Lirieke van liefde is nou bloot
Aalmoese van gister se toekomsdroom…
My Lam,dis uitgerafel al langs die soom.

Lorraine Smit
2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed