Lykskouing
Na my dood,
beweer die lykskouer,
is daar slegs
een stel vingerafdrukke
aan die wande van my hart;
in elk van ‘n vierkamer huis
is dit net tekens van jou
wat daar vertoef het.
Oortrek en amper kompulsief
in elke gaping.
Het jy oral gevat uit omgee
en kyklustigheid,
of het jy gepeuter
om te ontsnap?
© Eduard Smith
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe ek staan stil verstom voor die grootsheid van hierdie gedig! PUIK, PUIK en weer PUIK aanbieding