Toegang verbode
Toegang verbode
Dis die bordjie teen my hart
ek is bang om jou daar toe te laat
Soveel keer moes my hart al ly
want niemand nog, wou vir altyd bly.
Die deur van my hart bly toe,
vir nou….
Jy sal harde bene moet kou
voor jy my liefde sal proe
Daar lê telke male se verraai
wat ek moes verduur
Om elke hoek en draai
loop ek my vas in ‘n onsigbare muur
‘n Muur vol mooi woorde en beloftes
maar eindelik gevul met woede en twis
Sal ek ooit die bordjie vervang?
Ek weet nie, hierdie hart is vir nou net te bang
© Janita Rossouw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.