Die Masker
Die masker
Ons almal dra ‘n masker,
of bêre hom in die kas.
Haal hom uit wanneer die geleentheid jou pas.
Die masker het ‘n hele paar gebruike,
beskerm ons teen die wêreld se misbruike.
Ons skuil daaragter,
dan is die seer net sagter.
Maar wanneer die masker afkom,
staar die naakte waarheid jou in die gesig.
Die masker kan nie vir ewig hou,
jy sal dit tog berou.
Want wie is die ware jy,
wanneer die masker van jou gesig afgly?
©Janita Rossouw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.