Tandmuis
Tandmuis
Het jy al van die tandmuis gehoor?
Miskien al terwyl die tandarts in jou mond boor.
Hy is besig om ‘n kasteel te bou,
vir die Koning waarin hy ‘n baldans kan hou.
Wel, wat moet elke tandmuis weet?
Moet tog nooit die geld vergeet!
‘n Kindjie word vir ‘n tand beloon,
deur die tandmuis wat sy dank betoon.
Elke tandmuis loop die gevaar,
dat ‘n kat hul kan gewaar!
Rats moet hy wees,
anders hou die katte fees!
Wees tog ook so gaaf,
los iets te ete vir muis so braaf.
© Janita Rossouw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.