Oggend na die reën
Die huis is gevul met die koffie reuk
dit hang soos die aroma in die lug
terwyl die son sy kop oor die rantjie steek
en die donkerte van die strale weg vlug.
Met ‘n beker boeretroos in die hand
sien ek die aarde is blinknuut gewas
modderpoele neem beheer van die sand
mens en dier is verlos van die droeë las.
Nuwe kraakvars beloftes uit die Woord
skep in die binneste van my die hoop –
die aarde se blydskap is sigbaar groot
jare lange droogte is finaal gestroop.
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Ai dis so vars soos na die reën! Dankie vir deel Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Ek kan nie die see aroma met koffie bymekaar bring nie. Kan ons nie net die reël maak “ die aroma hang in die lug” dan kan almal hul eie geur invul? Is “binniste” so bedoel of moet dit binneste wees ?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT