Sewevoudig
jou misterie was maar altyd groter as die mens
altyd waar son en reën ontmoet
altyd naby
altyd vêr
eg aards
maar altyd
onaantasbaar
onbeheerbaar
en altyd asemrowend mooi
in wese
die belofte van genade
wat sewevoudig ontplooi
soos die één wit lig
vir ewig
sy ware kleure wys
*cs-mar-23*
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek