Jongste aktiwiteit:

Klipwysers

jy vat die pad na Pofadder
wes van Kakamas se kant
en anderkant die Rooikoenab
weg van Bladgrond af
daar hang hulle soos spookasem
oor die klippe en die sand

pluk een af en bêre hom
vir as die dors wil waterwys
dese op die Springbok pad
soos jy Gharies toe sou ry
skuins na jy afdraai Pella toe
net so duskant Aggeneys

Andries Fourie (Seirdna)
16.01.2023




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed