
Voornemens (Goud)
mik vir jêm op jou brood
en bietjie kêrrie in jou kos
maak ‘n hondhaarafdraai
wat ‘n stofstreep los
hou die kaviaar
vir die ydel kerkbasaar
en hang jou nikswerd jas
oor ‘n droë doringbos
en elke jaar as krismis kom
maak vas wat wikkel
en maak los wat sukkel
sing elke halleluja
met ‘n wegbreekstem
en vat tog net die kinders
vir ‘n nuwejaarswem
en o ja
kom ons kry die hoog’re geskryf
by die eenvoud van verstaan
raak ‘n resensent se rede
met ‘n gloeiende gedig
en roer sy hart se snare
met die biggel van ‘n traan
soos ‘n diep rivier wat eind’loos vloei
tot daar waar die winde
luisaam loei
oor die diepblou deinings
van die dobberende see …
wat nimmereindig lewe
en ewig bly bestaan
Andries Fourie (Seirdna)
31/07/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek