opid
deur newels
van ongekende pyn
skeur gedagtes
en verskyn
duister drogbeelde
wat sinne beroof
van samesyn
pyn wat skeur
priemende sensasie
onbeheersd
ondooflike pyn
ruggraatlose pyn
bestaan ondermyn
verdoof in wyn
krakende pyngeluide
rekkende geluide
met elke strekbeweging
kraak die pyn
tussen elke werwel
in ouderdom
verwoes
een newel
lei tot volgende
hoog en laag verdoof
slaap onderbreek
wendinge daarvan
skroef diep en vas
in sy eie klas
selfs opid
genees dit nie
verlaag stelselmatig
liggaam se verweer
teen “die pyngedagte”
wat herhalend
opereer
Ó Tearlach.
Opioïede is ‘n klas dwelms wat sintetiese opioïede soos fentaniel insluit; pynstillers wat wettig op voorskrif beskikbaar is, soos oksikodoon (OxyContin®), hidrokodoon (Vicodin®), kodeïen, morfien; die onwettige dwelmheroïen; en vele ander.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.