Jongste aktiwiteit:

gene(rasie)

 

een van die beste rasies

wat ek ooit geken het

se naam was benno

hy was ‘n bok

vir sport

enige

okasie

was net sy kos

 

so gaan generasies

van rasies by ons verby

die een oortref die ander

gee wilder danspassies

meer gebare en geraas

sweep sy gehoor op

tot nuwe hoogtes

van opwindende gees

 

wat wel vandag gebeur

het ek onlangs eers geleer

die versondiging van rasie-taal

geen onskuldige mimiek meer

of net spottende repliek

nou eerder vyandige

selfs lasterlike

gespot

 

emosies vertel van harte

diepste oortuigings kom na vore

tydens ondersteuners se opwelling

uiter hulle woorde en slagspreuke

wat soos terreur se dreunsang

deur mense se geheue dans

oorweldig dalk hul vermoē

om waardes te bewaar

 

Ó Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed