Jongste aktiwiteit:

Engel my droom

Engel
Engel ek skryf vir jou vandag n brief
my papier is my hart en my pen is my gedagte
Jy het op gestaar in Soul se oë
vol verlange en hartseer
wilde uitdrukking in die lewensoog
asook die een groot droom, Soul se droom
verenig met haar. Daarom Engel skryf ek hierdie brief

Jy is die enigste wat sal verstaan
so ek sluit my oë en my gedagtes sag
leef engel soos ‘n spook in haar droom
Die jagter in die veld en die wind wat snikkend huil
in die gange van haar verlange hart
Engel Engel van my droom
Engel Engel jy is my droom

Engel ek skryf vandag vir jou hierdie brief
my papier is my hart en my pen is my gedagte
sprei jou vlerke oop en omvou vir Soul
warm en sag, so warm en sag is haar gedagte
verlange in die gange van haar hart, lê ‘n droom en wag
breek die stilte met ‘n ritmiese slag

Jy is die enigste, die enigste wat sal verstaan
so ek sluit my oë en my gedagtes sag
leef Engel, soos ‘n spook in haar droom
Die jagter in die veld en die wind wat snikkend huil
in die gange van haar verlange hart.
Engel Engel jy is my droom

©MarietaCalitz[LadySoul]




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed