In my
In my
Wat sou rym met my?
– Het agtergebly.
Wat pas goed by nou?
– Voëltjie uit die kou.
Hoe vaar ek met die lewe?
– Nagmerries! Ek’s onseker …
Wat beteken my drome?
– Antwoorde lê verborge.
Wat was dan die vraag?
– Moet ek dalk meer waag.
Waag vra tog meer moed?
– Moed leef in my bloed!
© Doret Johnstone-Robertson, 20 Julie 2016
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Puik Doret!