Woorde van my taal
Ek wil die woorde vashou
en blinkvryf
luister na die klanke
die vulkaan
van my hele bestaan
Die oggend miswolke
hang laag oor die rivier
lig en skadu vasgevang
in die nag se donker uur
Skiffer’goud die aanskemer
deur ‘n wolk se skeur
‘n weerkaatsing
van koper sonstrale
op die silwereik se blare
Al waai die wind koud
deur die weelde van tyd
my taal sal bly bestaan
musiek so soet gebring
uit die snare van my volks’kitaar
Onder my voetsole
binne my handpalms
teenaan my lewendige liggaam
jy wat my hunkering verstaan
5 Kommentare
-
-
Arnold
Daar's net een taal wat my hunkering verstaan.
-
Ronel Janse van Vuuren
Hou van die teenstellings wat jy gebruik "vulkaan" "miswolke". Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek