
Uur so soet
ʼn Uur so Soet
O Heer is daar ʼn uur so soet
As wanneer ek aan Jesus voet
in stil gebed verkeer
Dan neem n wonderwolk my heen
Ek word gevul met die Heilgegees
So stil aan Jesus voet
My hande opgehef in gebed
U raak my aan ek kan u voel
My sondes, deur u versoen
O Heer is daar ooit ʼn uur so soet
As wanneer ek aan Jesus voet
In stil gebed verkeer
©MarietaCalitz[LadySoul]
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek kan hierdie in n lofprysing hoor, dis pragtig