Hartklop van ons taal
Deur speke van ossewawiel
as enigste kompas die
Bybel in hart en voor op die wa
só is my land en taal duur gekoop
in traktate met bloed gedoop
gekruisig deur kampe
van ogiesdraad
verglasde suiker gevoer
lyfgeraamtes waardeur
ligte bries kon roer
kon nie die hartklop van ons taal
uit ons Afrikanerharte skeur
© Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-

neels
Afrikaans as taal is al op menige maniere aan pogings tot uitwissing onderwerp. ek dink aan Milner wat na die boere oorlog alles in die stryd gewerp het om Afrikaans te vermoor
-

Kiekies
Sjoe jy het hom ver gaan haal, hierdie hartklop taal. En sommer nou my hart ook aangeraak.
-

Ronel Janse van Vuuren
"lyfgeraamtes" en ander woorde wat soveel beelde optower - treffend.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Inderdaad.