Deure
Deure
Sy was lank siek gewees
die liggaam baie verswak
op ‘n dag het sy tydsaam die
deur saggies agter haar toegetrek
en sy was weg,
verhuis, sê hulle—
Hy was oënskynlik fris en gesond,
en het sy gholf so baie geniet toe
die hartaanval skielik toeslaan en
die deur hard agter hom toeklap
en hy was weg,
verhuis, sê hulle—
So het jare gekom en gaan met deure
wat saggies en tydsaam toegetrek word
ander is onverwags en hard toegeklap
almal is vir goed weg,
verhuis, sê hulle,
na ‘n onbekende
ewigheidsbestemming—
Janetta – Helena [Babs] ©
6 Kommentare
-
-

Anze
Gelukkig weet ons waarheen hulle verhuis het tannie Babs, hierdie is pragtig en met deernis gepen
-

LadySoul
Dit is so mooi geskryf. Ek moes eenvoudig n tweede keer gaan lees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
"n Sagte gedig oor 'n hartseer saak. Baie mooi geskryf :-)