Die son sak in Brackenfell
waar eens die velde vol groen varings was
oor die oneindige heuwels en vlak
slinger Keurboomstraat nou teen stilstaan pas
om huise van steen waar die son oor sak
en die hemel kleur tot blou saffiere
ieder boom se kroon word ‘n groen smarag
pienk rose pienk tot in die laatste ure
vuur, vlam en wolke verwelkom die nag
êrens oor ‘n radio sing Adele
die dinge wat verby is, kom nooit weer
wyl die oomblik vergaan in Brackenfell
draf een tarentaal oor die warm teer
en immer sal skemer die dag verraai
teen die laaste lig vlug ‘n witborskraai
© C. Shaw
3 Februarie 2016
4 Kommentare
-

neels
Carma jy verdien beslis tien goue sterre met hierdie een
-

Kiekies
Een van my gunstelinge! Maar dan moet ek dadelik bylas, dat elkeen van jou gedigte 'n gunsteling is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis pragtig