
ontnugtering
drywende donker wolke
sweef vinnig oor die lug
temperatuur daal vinnig
sneeuflokkies val saggies
siedende witskuim-branders
jaag woes uit op leë strande
op sy duin sit hy en ween
weereens net stoksiel alleen
ver oor die fynbos krap voël
dieper gat vir sy kop in sand
vlak onder aardkors van mense
borrel siedende lawastrome rooi
uitkoms word voor gebid en reën
reën val – wat ‘n seën – uitkoms
elke ou gesig word ontmasker
in sensasionele aankondigings
elke norm word onttroon
niks is meer heilig genoeg
wie sal bly staan in aanslag
wie sal oorbly na die storm
wie sal geloof en hoop hou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.