Fassade
Jy loop soos ‘n vraagteken,
Oë misleidend vol jammer.
Die perfekte slagoffer
van almal om jou se onreg.
‘n Sluier van sagtheid,
die sagte reus
wat niemand vrees
maak almal op hul gemak.
Maar dit was alles ‘n fassade
die gebuigde skouers leeg
was die gewete wat op jou weeg,
versteekte manipulasie.
Die haat wat in jou oë kon flikker
weggesteek agter ‘n toe deur
die vervalsde seer
net vir simpatie van buite.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.