
Leef voluit (Brons)
(Verminderde heksa-verse)
As die ooste-wind
sag aan jou deur klop
en koue saam bring
met beloftes van
sagte wit vlokkies
dan is winter
hier vir ‘n wyl
sodat algar
rustig verkeer
kort voor lank
klop lente
aan ons deur
so leef
voluit
nou.
© Taai Bonthuys
3 Kommentare
-
Elizabeth
Dis lieflik!
-
Koos Elsum
Die altyd uitsien na iets anders terwyl nou al is wat bestaan word goed in die gedig uitgespel. Dankie Ek sou die “vlokkies” in eerste frase weggelaat het want dan los dit die leser om self te besluit wat die wit is. Net my beskeie opinie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek