Die (R)amptenaar
Wette moet gehoorsaam word,
dis mos maar gewis
maak nie saak die koste of beslommernis
ek vermoed amptenare word
deur die duiwel self opgelei
hoe dan anders as mens kyk
na die hel wat ons onder hulle ly?
Jou beurt dié sal jy afwag,
al moet jy kamp opslaan
maar een ding is gewaarborg
staan die sal jy staan
Next next next, ek is amper by die hek
maar my kop slaan toe,
wat is my naam? waar bly ek?
skoon vergete die wat, waar en hoe
Van naderby sien ek
die amptenaar lyk maar moeg
ek vermoed in die hel
roer die spannetjie maar vroeg
ek vra die arme derduiwel of haar dag besig was
sy antwoord met ‘n snik uit haar keel wat my heel verras
“Mevrou weet jy, ons is al van gister af offline
en die computers is gevat,
in hierdie area is daar baie crime
onse supervisor is met kraamverlof
en die drukkersink is sedert Maandag al op.”
Ek lieg en bedank haar vir die “flinke” diens
ek hoop maar my witleuentjie bly vir die duiwel ongesiens
en terwyl ek wegstap klink haar woorde helder op:
“Nou hoef jy eers weer oor ‘n jaar aan die hel se deur te klop.”
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amanda
Baie goeie sinspeling. Ons klop omtrent aan die deur van die hel waneer ons na ure in die lang toue uiteindelik voor kom