Jongste aktiwiteit:

Die Ballade van ‘n ballerina

“Niemand mag weet” dink sy, van haar verhouding met die komponis. Die jongmans is vreeslik lasterig op die bus, elke jong russiese man beoog mos om met ‘n ballerina té trou.
Maar die japies het mos geen sjarm op hulle. Dis net egotistiese aanmerkings wat vir haar vreeslik kras is. Sy kyk uit die venster van die bus die nag bring saam ‘n stilte, ‘n soort melodiek wat net sy hoor. Sy verbeel Chopin sit op die hoek onder die naglig met sy klavier en speel ballades terwyl die mense om hom drommel en sy wegglip en onder die maan ‘n solo vertooning hou.
“Mejuffrou, Mejuffrou!” roep die drywer “ons is hier” sy skrik vanuit haar droom dank die drywer vir sy bedagsaamheid en glip vining by die deur uit. In St. Petersburg is mens nooit laat vir ballet oefening nie.
“Olga het jy jou Pirouette geoefen?”
“Ja ek sal nie weer fouteer nie, Tjaart dink jy meester gaan my weer fouteer?”
“Nee, jy weet die beweging met daai eienaardige Pirouette wat hy versoek is om die simboliek vir die kyker uit te beeld”
Sy weet wat dit moet uitbeeld sy het net nog nooit ‘n Pirouette so stadig gedoen en dan na ‘n Plie in ‘n Grande in beweeg met die tempo wat die choreograaf verwag nie.
“Onthou die tempo van die klavierspel” voeg Tjaart by.
“Dis Chopin se Nocturne .op. 48 in c minor, die deel waar jy doodgaan!”
“ n Dramatiese einde dink jy nie?” en sy glimlag vir hom.
“ Maar dit gaan asemrowend wees”
“ Jy weet as Chopin nog gelewe het sou ek hom verlei het ,Tjaart”
Tjaart weet van haar al ewige versotheid op Chopin, hy het vier maande lank elke dag genadeloos geluister na Chopin by haar huis, die tyd toe hy nog by haar ‘n kamer gehuur het, toe hy na St Petersburg verhuis het. Snags sou hulle saam oor die kieselstene van St Pietersburg loop en bespiegel oor hoe mooi die maan net daar kon skyn. Olga was nooit bewus van Tjaart se liefde vir haar en Tjaart nie van haar verhouding met die komponis.

“ Kom nou julle stop julle gebabbel ons het werk om te doen, Olga, Tjaart” en die choreograaf klap haar hande om hulle aan te hits.
“ 1, 2, 3, 1, 2 ,3” so gaan die nag verby. Soms voor hulle weet het hulle ‘n volle twaalf ure afgelê van oefening. Dis oggend en sy kan Fréderic ontmoet vir ontbyt. Die koffiewinkel waar hulle ontmoet is met bootrit verder weg af die kanaal in ‘n gedeelte waar niemand hulle sou herken. Sy gee nie om oor die moeite van die bootrit nie, daar is nie lastige jongmans soos op die busrit nie en sy kan vreedsaam aan haar gunsteling gedigte lees. Dis drie weke nog voor die groot aand van hulle vertoning. Olga kyk tussen die geboue deur en wonder of Fréderic al by die koffiewinkel is, sy het al haar bewegings suksesvol voltooi die vorige aand.
Na ‘n ruk meer die booitjie waarop sy vaar aan wal ‘n paar meter van die winkel, dis stil in die oggend sedert meeste gewone mense al by hul gepaste werke is. Fréderic sit al met sy koffie en lees ‘n koerant, hy merk nie dadelik op sy staan voor hom.
“ Iets boeiend wat jy daar lees” meld sy aan.
“ Aaaah my geliefste blom, hoelank staan jy al hier, jy kon vir die KGB werk as jy so sag ‘n mens betree!”
Sy merk op sy skryfwerk lê aansy op die die tafeltjie, maar sy weet hy is ietwat geheimsinnig oor sy werk en hou glad van uitpraat oor dit nie.
“ Nou ja toe kom sit en vertel my van jou ballet klasse, hoe het dit gegaan?”
“ Fantasties, ek het dit nou bemeester, al daai Pirouette beweegings was vreemd maar in konteks met die verhaal werk dit goed.”
Fréderic roep die kelner nader en bestel vir Olga haar koffie en ‘n vrugteslaai, sy eet maar lig en vir hom is dit maar geskik sedert hy nie veel op kos hoef te verkwis nie.
“ So nou kan al jou angstigheid jou gemoed verlaat en jy hoef nou net té fokus op perfeksie!”
Dis so aaklige woord vir haar ‘perfeksie’ maar in ‘n wêreld van ballet is dit ‘n vereiste en Fréderic self is ‘n perfeksionis.

Drie nagte voor die opvoering, en dit het gereën op daai nag sit Olga weer op die bus wat sy neem van haar huis. Die jongmans is weer lastig en sy wil net só gou as moontlik van die bus af. Hulle het haar hoogs vererg met hul terggery. Die bus kom tot stilstand, sy gryp haar rugsak en stoot die mans uit haar pad. Sy neem nie kennis dat die busvloer waternat is van die voet beweeging van pendelaars gedurende die rit nie…
“ Wat het gebeur, wat het gebeur!” Tjaart staan met sy hande en beduie in skok, voor hom op die grond lê Olga se bebloede liggaam.
“ Meneer, meneer ons het…”
“ Man wat het julle, wat het julle, julle pes haar gedurig!”
“ Ons het haar probeer keer… maar sy’t gegly”
Tjaart daal neer op die grond en neem haar lewenlose liggaam in sy hande “ ag nee my geliefste Olga, my geliefste Olga is dit nou hoe jy moes gaan.”

©Morné du Preez

#woordetal 905.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed