Laaste asem (Goud)
dieselfde mond wat skertsend smaal oor dood
of druppend hoop op nog ‘n stukkie brood
sal hortend-hygend hangend op ‘n tyd
‘n laaste asem oor droë lippe stoot
Andries Fourie
(Seirdna)
13.07.2022
5 Kommentare
-
morne du preez
Dis nou briljant
-
mvr77
Die ekonomie van woorde maak die konsep net meer kragtig. Ek het lank hier vasgesteek, en was dankbaar dat die pad hierheen gelei het. Wel gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2022 Wat skryf ek?