
ko(m)ma
–
Here laat die oë tog net oopgaan
laat U wil geskied
ver weg is sy van my
staan ek reg langs haar
dan is sy hier – maar nee
sy droom van verre lande
haar liggaam wys hoe sy gaan
hier en daar ‘n flikkering
wat hoop in my hart
fladderend laat sug
nog een dag asseblief
nog een kans om reg te stel
nog ‘n paar diep woorde
van liefde onbeperk
hoor sy my Here
weet sy dit tog
die lyn is nog
nie gebreek
nie
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Sjoe Charles, hierdie gedig raak my baie diep... hartseer, maar baie mooi geskryf.