Die tog van rou
Vertrou die tog van rou
al skaaf die tuig
Sy juk is sag
jou las te swaar
laai af, laai af
Vertrou die stort van trane
wat wonde was
Sy sout inwerk
jou letsels soos bloeisels
dounat laat blom
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig hier waar ek bly is baie na aan die natuur se stap met bome wat in blom staan ongeag die winter se swaar. Dit herinner dat swaarkry in werklikheid net lekker leer is. Dankie vir skryf Die voor laaste reël kan doen met “sal” as die eerste woord om die ritme vloei te verbeter in my opinie alleen