wortels (brons)
wortels
toe belofte blou in die weste bou
en ons vog in die wind kon ruik
het hy my hande vasgevat
en sag vir my gesê
dat sy wortels hier diep lê
daar was hoop in sy oë
toe hy vra of ons kan bly
op die wit kalkplato
waar die grondpad suidoos draai
ver van die wêreld se lawaai
wind het aan die sinkplate geruk
die windpomp het gesteun
ek het hom teen my vasgedruk
toe druppels op die sinkdak dreun
die ritme van sy polsslag
was een met dié van die reën
die donders het sweepslag geslaan
blitse het die stoep verlig
ek het vir ‘n oomblik stil gestaan
nat grond geruik en tevrede gesug
terwyl die storm om ons loei
het ek geweet op hierdie plek
sal my wortels ook kan groei
©️ Hester Steenkamp
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig vat so mooi vas as alles saamwerk, die mens, natuur want dan word werklike bande gebou. Pragtig die ritme wat passie vd liefde & hoëveld storm uitbeeld. Net een opmerking of net nuuskierig het die verskillende lengte frases enige dieper beeld of het dit net gebeur ?