
Duin-óp (silwer)
augustuswinde
het die sand
van die half-weggedra-de duin
weer op my huis se stoep kom waai
dag vir dag
sal ek volhard
en vas bly glo
emmer-vir-emmer
ís genoeg
al moet ek dan daarmee
trappies bou
tot bó
©️Elize Kruger
3 Augustus 2022
www.avbobpoetry.co.za/Poem/View?PoemID=171738
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Die gedig herinner my aan ń gedig uit die begin dae van die Vrystaat Goudvelde, baie baie stof wat vd een hoek in die oggend na die ander gevee was in die middag. Die gedig gee darem ń uitweg, bou! Dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek