Sonder Jou
Sonder Jou
Ek dompel die ondenkbare
gedagte in die doofpot en smoor
dit dood uit my gedagtes uit want
om jou te verloor gaan die
son , maan en sterre vir my verduister
in ‘n ontydige eklips van rou, en die
blomme sal geskok verwelk en
geurloos hangkop in die briesie treur
en ek sal dwalend en hunkerend soek
na die een wat al die skoonheid en vreugde
vir my beliggaam in die lewe—
Hoe kan ek jou dan verloor as my
hele lewenskwaliteit sonder jou
tot stilstand gaan knars—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.