Jongste aktiwiteit:

Onthou Jy Nog.+-

Onthou jy nog?

Ek ken nie die vreemde
verre lande en stede nie
my voetspore lê nie daar nie
maar tussen Namibduine en
weidse twagrasvlaktes met
uitgestrekte bossieveld afgewissel
en onder koel kameeldoringbome—
Ek onthou die verkwikkende donderbuie
en nataarde ruik na ‘n uitmergelende
versengende hitte en muggieplae—
‘n Paar dae later stap ons hand aan hand
deur groen twagras botsels en fyn opslag
van duwweltjies, sporrie en rabas wilde tee,
‘n natuur wat dankbaar huppel en groei
in lowergroen herlewing—
Onthou jy nog alles aan die anderkant?
So baie maerjare en goeiejare deurleef
en oorleef maar ons liefde was konstant
deur al die wisselende seisoene
Onthou jy nog?

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak