Jongste aktiwiteit:

Krummel die jare

Krummel die saagsels jaarringe
wat versplinter in die boom se bas
die wind verdwaal in sy eie spoor
waar reӫndruppels in ‘n moddergat lӗ

Elke jaar het sy eie skim
Elke keer is ‘n afskeid
Elke keer ‘n nuwe begin
want elke dag
is soos blare in die wind

Die idee van tydelikheid
die bevryding van die gejaagde massabestaan
waai soos sand oor die woestyn’rif
maar tog sal die fluister van die wind
nog oor die stilte sus

Die wind draai sy eie pad
en vra nie vir oud of jonk
want al is somer oppad
wag herfs alweer aan die anderkant




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed