
WOORDE WAT VLIEG
WOORDE WAT VLIEG
Helder soos die son, slaan goudgeel uit ’n geveerde lyf.
Blink bou bloed in die inkaar van ’n pen wat wil skryf.
Onrustig hou die swart ogies die hemelruim dop.
Groei ’n gedagte tot woorde wat vermeerder en opkrop.
Die geel vlerkies word gesprei, sy pootjies trippeldans.
Woorde vermeerder rasend, gee die stilte geen kans.
Desperaat om los te breek, fladder hy teen die tralies van sy kou.
Halwe sinne baklei met woorde wat huiwerig aan ’n hart vasklou.
Skielik en onverwags word die deurtjie vir hom oopgemaak.
Opgewonde broei afwagting wanneer die pen papier aanraak.
Onseker huiwer die kanarie in die hok se oop deur.
Wag die pen geduldig voor hy hom aan sy doel oorgee.
Gulsig spring die voël na sy vryheid voor hom oopgegooi.
Bons ’n hart tevrede wanneer woorde en sinne tot meesterstuk voltooi.
©HMellet
2 Kommentare
-
Palet
Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek