9 SEPT is die afsnydatum-LEDE die skryf kompetisie het gesluit. Lees die vereistes van hoe jy jou inskrywing moet aanstuur. LEES ASB!!!!
Vriende ons is by die einde van die kompetisie. Ek wil al die lede wat deel was van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 9 September 2016 die volledige inskrywings MOET ontvang (GEEN uitsonderings sal gemaak word nie, NA vandag ontvang ek GEEN inskrywings meer nie).
Ek MOET Vrydag 9 September 2016 op die laaste jou inskrywing ontvang anders is jy gediskwalifiseer, so stuur asb so gou doenlik!
Jou volledige inskrywing (maw AL jou plasings op INK asook dit wat moontlik nog kort om jou vereiste 120 bladsye te vul) moet aangestuur word na skryfafrikaans@ink.org.za sodat die Ink moderators die keuse van die 5 beste en ook tegnies goedversorgde inskrywings kan doen om vir die borge te kan voorlê sodat hulle die finale wenners kan kies. Let wel: Beoordeling word op die reeds geplaasde inskrywings op INK en die volledige boek/bundel in totaliteit gedoen. Die wenners sal dan op die Gala-aand van 22 Oktober 2016 bekend gemaak word en gaan hulle ook hulle pryse in ontvangs neem. Lede wat ingeskryf het moet asb daarop let dat die wenners soos deur die borge gekies, sal staan en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Daar is egter groot verassings vir die wat nie ‘n prys gewen het nie.
VEREISTES: – Deur hierdie vereistes te ignoreer gaan jy jouself en jou inskrywing benadeel. Dit is dus baie belangrik om na te kom!!!
1. Jy moet jou werk as ‘n word.doc deurstuur in A5- Arial skrif 10 Bladuitleg lynbreuke op “0” gestel”. (Gaan asb deur vir spelfoute!!) (Page layout – spacing set on 0) Nommer jou bladsye. Jy het nie nodig om enige bladuitleg te doen nie, dit sal deur Mar-leo gedoen word. Plaas asb bv. 1 gedig per bladsy sodat jou werk netjies vertoon en maklik is om te lees en te beoordeel.
2.Plaas al jou werk wat reeds op INK verskyn het en dan eers kan jy byvoeg dit wat nog kort om jou publikasie vol te maak. Beoordeling sal daarvolgens gekontroleer word.
3.Beeldmateriaal wat jy by jou werk wil gebruik moet tot die minimum beperk word aangesien dit die koste van die drukwerk beinvloed. Jy moet ook oor die kopiereg van die betrokke beeldmateriaal beskik alvorens dit gebruik kan word.
4. Jou moontlike publikasie moet die voorgeskrewe 120 bladsye wees. (100 bladsye publikasie die res sal bestaan uit die inhoudsopgawe, biografie, Inleiding, ISBN nr ens. Hierdie inligting sal deur die publiseerders bygevoeg en vir die wenner gratis gedoen word) LET ASB DAAROP DAT ONS NIE ONS KWOTA VAN BESKIKBARE BLADSYE OORSKRY NIE, DAAR KAN GEEN UITSONDERINGS GEMAAK WORD NIE
5. Jou volledige kontakbesonderhede moet op die dokument voorkom.
6. ‘n Kort biografie en ‘n duidelike foto van jouself.
7. ‘n Foto/skets van jou beplande voorblad
8. ‘n Naam vir jou bundel/boek
Die lede wat verdere hulp nodig het, kontak my asb. Alle inskrywings moet per e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za gestuur word.
Lede wat betrokke is:
Gedigte:
Borrels
Carma
Koekekranka
Arnold
Timmy
Helena Mellett
Elizabeth Greef
Evelyn van der Merwe
Marieta Calitz
Mariska Smit
Niel Cloete
Suzette Strydom
Yolande
Annamarie du Toit
Louie
Ammie moon
Martin J troske Labuschagne
Somerreen
Linda
Wolfram
Zymrly
Anton Killian
Iron Lady
CH Nel Venter
Amazone
Anria
Verhale & Rubrieke:
Neels x 3
Arnold x 1
Jaco Geldenhuys
Hennie Fritz
Zymrly x 2
Karin Mulder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.