Jongste aktiwiteit:

Hôistaan gedagtes

Ek jaag my denke hôi om onder tuig te kom
en bloots ry ek die eons om wat wyd t’ruglê –
só blikners seer!

Soos gister nog, voel ek die bandoms in my sak;
die kettiemik uit doringtak wat gom laat drup
uit snye seer;

ek sien die skemering sag op die aarde val
en voel die stilte oor die dal en landskap trek –
liggies soos ’n veer.

Ag, kon ek maar vir éwig hier so hôi bly staan,
maar ek moet reeds weer verder gaan.
…En diep in my my bly lê die blikners seer…




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak