Rabbedoe
Rabbedoe
Rabbedoe, jou kaalvoetkind,
saggies trippel op die ritme van die wind.
Jou vrolike skaterlag,
trek almal om jou se aandag.
Jy wat nooit terugstaan,
maar altyd ‘n weg deur baan.
Jy het die wêreld kom verander,
met die spoed van ‘n reuse brander.
Jy gee nie om wat ander dink,
laat nie toe dat hul jou sink.
Want mense is wreed,
en hul woorde doen soms leed.
Rabbedoe, jou kaalvoetkind,
mag jy ook jou passie vind.
Mag jou sagte hart; verleë,
ander lei op ‘n mooier weë.
© Janita Rossouw
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Pragtig!