‘ Kersfeesgroete
Helder somersonskyn
wens ek vandag vir jou.
Dat elke oomblik van Kersdag
met liefde om jou sal vou.
Dit is die dag van Jesus
ons redder en ons Heer.
Weet dat Hy in sy almag
ook oor jou pad regeer.
Dit is Jesus van Betlehem,
van Nasaret en Golgota.
En as dit om jou donker word
reik uit na Hom en vra.
Selfs uit ‘n diepte, ‘n donker plek,
as jy jou pad verloor;
in arms teer tel Hy jou uit,
Hy sal jou hulpkreet hoor.
Helder somersonskyn
wens ek vandag vir jou.
Ook Christusmelodieë
Jou vreugde vas te hou.
Die dag van Jesus.
Ons redder en ons Heer.
In almag en oorwinning,
oor jou pad sal Hy regeer.
5 Kommentare
-
Toom
Baie dankie, Marisa! Uit die natkoue, vernewelde verre noorde hartlike dank vir die warme woorde. GvT
-
Viooltjie
Baie welkom hier. Hoop jy geniet dit. Dankie vir die mooi warm Kersfeeswense :-)
-
Koekekranka
Lanklaas was hier op Ink so 'n pragtige Geesvervulde werkie . Diepsinnig en pragtig! Welkom hier op Ink!!! Hier sal jou Godgegewe talent tot volle wasdom kom.
-
Inkmoderator
Die vers vat die belangrikheid van hierdie seisoen mooi vas. Dit is 'n pragtige aanmoediging en onderskraging vir die wat bietjie mat en moeg is teen die einde van die jaar. Welgedaan Marisa. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie welkom op INK!!! Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek