
Nagstorms
pienk is die kleur van die nanag
dit hang soos ‘n lied in die lug
die wolke verberg selfs die sterre
wat helder aan die hemelruim flits
ek dink aan die kleur van ons liefde
is dit pienk soos die naglug daar ver?
gebry deur die dae van verlange
maar ewig soos die oggendster
die wind kielie sag deur my hare
die geur van die reën streel my neus
ek wonder of droomland jou vashou
en of jy ook by my wil wees?
is ons liefde miskien soos die reënboog
ewig dansend deur wolke en lug
soekend na nog ‘n storm
waardeur dit sagkuns kan sug
‘n reëndruppel val teen die venster
en bars uit sy nate van pret
dan drup-loop dit af teen die ruitglas
asof dit nog baie dae het
of dalk is dit net soos die storm
wat hunkered wink vanuit niks
dan klief daar ‘n knal deur die
hemel ‘n spierwit glans wat als verlig
die oggendson breek deur die donker
die pienk van die nanag verkleur
oranje en rooi verf die hemel
die dagglans triomferend vereer
ons liefde: wie kan dit verduidelik?
soos die reën en die wind en die son
is ons liefde alles, in alles een
‘n lentebloeisel; ‘n volwasse blom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.